Skip to main content

Wat gebeur as my toegangsleutel nie werk nie?

As jy die foutboodskap ontvang: “Dit lyk of jou toegangsleutel nie geldig is nie. Kontak asseblief jou diensbestuurder as dit weer gebeur.” Volg die stappe hier onder om die kwessie te foutspoor:

  1. Maak seker dat jy die volledige toegangsleutel invoer, insluitend die eerste vyf karakters, “ss://”, wat dalk nie outomaties na die knipbord gekopieer sal word nie. Hier is ’n voorbeeld van hoe ’n volledige toegangsleutel lyk (net voorbeeld; sal nie werk nie):
ss://[email protected]:39485/?outline=1
  1. As jou toegangsleutel glad nie na jou knipbord gekopieer kan word nie, is dit dalk weens jou boodskapapp of -platform. Dit sal mees waarskynlik gebeur wanneer jy ’n boodskap ontvang van iemand wat nie in jou kontaklys is nie. As jy die kode uit ’n boodskap kopieer, moet jy seker maak dat die stuurder in jou kontakte is en dan weer probeer om toegang tot die skakel te kry.
  2. As jy stappe 1 en 2 voltooi het en steeds die foutboodskap kry, is die bediener waarskynlik geblokkeer of is die toegangsleutel dalk nie meer geldig nie. As jy die diensbestuurder is, kan jy probeer om ’n nuwe sleutel vir jouself te genereer. Anders kan jy jou diensbestuurder vir ’n nuwe sleutel kontak.