Data- en inligtinginsameling
Outline samel nie persoonlike inligting in nie, tensy jy intekening aanvaar om dit te verskaf. Outline samel ook nie inligting in oor die webwerwe wat jy besoek of met wie of wat jy kommunikeer nie.
As jy ’n rekening skep of by een aanmeld met ’n derdepartywolkdiensverskaffer deur Outline Manager, kry ons nie enige inligting, soos jou e-posadres, naam, faktureringinligting en betalingbesonderhede, wat jy aan jou derdepartywolkdiensverskaffer gee nie.
Inligting wat ons outomaties kry
Ons samel twee soorte inligting outomaties in.
- Bediener-IP
Die Outline-bediener-IP word deur Quay.io ingesamel en toegang vir ons gegee wanneer die bediener outomaties met die jongste sekuriteit- en kenmerkverbeterings opgedateer word. Die bediener-IP kan identifiseer wie die wolkbedienerverskaffer is en die stad waar die Outline-bediener opgestel is, maar dit verskaf nie inligting oor wie die bediener laat loop of wie dit oopmaak nie.
- Tegniese inligting wat jou nie persoonlik identifiseer nie
Indien Outline omval of ’n noodlottige uitsondering voorkom, of indien jy terugvoer handmatig deur die Outline-app stuur, word die onderstaande inligting aangegee. Hierdie inligting sal net gebruik word om stabiliteit- of werkverrigtingkwessies te help identifiseer en reg te stel.
- Land
- Ligging
- Datum en tyd van omval/uitsondering en tot 100 vorige gevalle, byvoorbeeld ’n gebruiker wat die “Meer oor”-afdeling oopmaak
- Statiessaamgestelde uitsonderingboodskappe
- Bedryfstelselnaam en -weergawe
- Foonmodel (indien van toepassing)
- App-begintyd
- Blaaier
- Argitektuur
- Outline-weergawe en -bounommer
Hierdie inligting word met HTTPS oorgedra na Sentry (sentry.io), ’n derdepartyverskaffer van oopbronfoutnasporing. Sentry gebruik ’n verskeidenheid bedryfstandaardtegnologieë en -dienste om jou data teen ongemagtigde toegang, openbaarmaking, gebruik en verlies te beveilig. Indien jy enige vrae oor Sentry se beleide het, kan jy https://sentry.io/security/ en https://sentry.io/privacy/ besoek of [email protected] kontak. Alle Outline-data wat deur Sentry geberg word, word só beperk dat slegs lede van die Outline-span toegang daartoe het.
Inligting wat ons kry slegs wanneer jy intekening aanvaar
Wanneer jy intekening aanvaar, gee Outline die volgende inligting by die Outline-span aan.
- Gebruiksmaatstawwe
Elke Outline-bediener samel outomaties – vir die laaste uur en op ’n per-toegangsleutel-basis – die volgende in: die aantal grepe wat oorgedra is, hoe lank ’n gebruiker aan die bediener gekoppel was, die lande en outonome stelsels van herkoms van die eiebewyse wat gebruik is, en watter kenmerke geaktiveer of gedeaktiveer is. Nóg die inhoud van die kommunikasie, nóg enige metadata wat jou persoonlik kan identifiseer (byvoorbeeld aanmeldings, e-posadresse, toestel-ID’s, ens.), word aangeteken. Alle maatstawwe word aan ’n bediener-ID gekoppel. Kry hierinstruksies oor hoe om die bediener-ID te verander.
Outline-bedieners deel by verstek nie hierdie maatstawwe met die Outline-span nie. Indien die bedieneradminstrateur uitdruklik intekening aanvaar om gebruiksmaatstawwe te deel, sal hierdie inligting elke uur veilig na die Outline-span gestuur word. Ná 60 dae sal die gebruiksmaatstawwe na die landsvlak geaggregeer word. Bedieneradministrateurs kan enige tyd die “Instellings”-kieslys in Outline Manager besoek om hul delingvoorkeur vir gebruiksmaatstawwe te verander.
Ons waardeer dit dat jy anonieme maatstawwe oor jou bedienergebruik met ons deel, aangesien ons dit gebruik om gebruiksneigings te meet en die produk te verbeter.
Indien ’n bedieneradministrateur byvoorbeeld instem om gebruiksmaatstawwe met ons te deel, kan ons inligting ontvang wat aandui dat ’n bediener met die ID 12345 gister drie uur lank gebruik is en altesaam 500 megagrepe data oorgedra het vanaf drie sleutels wat elk in die Verenigde State en Kanada gebruik is, en dat die datalimietkenmerk geaktiveer is.
- Jou opmerkings en e-posadres as jy terugvoer indien
Met Outline Manager en Outline-apps kan jy terugvoer by die span indien. Ons beveel aan dat jy nie inligting insluit wat jou persoonlik kan identifiseer nie. ’n Opsionele e-posveld is egter beskikbaar indien jy wil hê die span moet jou antwoord. Ons versamel ook outomaties sommige basiese inligting sodat ons jou terugvoer kan verstaan. Raadpleeg asseblief item 2 hier bo, onder “Inligting wat ons outomaties verkry”, om te sien watter data ons insamel. Kry hier meer inligting oor Outline se sekuriteit- en privaatheidpraktyke.
Indien jy ’n betaweergawe van die Outline-app op Android gebruik, kan ons Google se Firebase-diens gebruik om ontfoutinginligting in te samel wat ons kan help om Outline te verbeter. Jy kan meer inligting kry oor Firebase se privaatheid- en sekuriteitbeleid deur na die webwerf toe te gaan: firebase.google.com/support/privacy. As jy nie wil hê Outline moet hierdie inligting deur Firebase stuur nie, moet jy asseblief die app se produksieweergawe gebruik.