Skip to main content

Hoe om terugvoer of voorstelle te stuur

Dankie dat jy help om Outline beter te maak! Daar is ’n paar maniere waarop jy vir ons terugvoer kan stuur, hetsy anoniem of met jou e-posadres daarby indien jy ’n antwoord benodig:

  • Vir ontwikkelaars: Outline is nou oopbronsagteware en ons huisves al ons kodes op GitHub. Jy kan jou idees op GitHub of in ons Reddit-gemeenskap deel.
  • Vir gebruikers: Jy kan vir ons terugvoer deur die Outline- of Outline Manager-apps stuur. Vertel ons wat jou terugvoer is en, as jy wil, gee vir ons jou e-posadres sodat ons jou daarop kan antwoord. Ons versamel ook sommige metadata oor jou omgewing sodat ons jou kan help met foutsporing, soos oor jou blaaier, bedryfstelsel en watter sagtewareweergawe jy gebruik.
  • Deur hierdie webwerf: Jy kan die Kontak Ons-skakel klik enige plek waar jy dit op hierdie werf sien
  • Ernstige kwessies: Indien jy ’n ernstige sekuriteitkwessie wil aangee, sal ons dit waardeer as jy vir ons besonderhede per e-pos kan stuur aan security [at] getoutline.org

Weereens dankie vir die tyd wat jy neem om jou gedagtes met ons te deel.