Skip to main content

Hoe stel ek datalimiete op toegangsleutels?

Jy kan ’n datalimiet stel wat vir alle toegangsleutels sal geld. Om die limiet te stel, moet jy Outline Manager oopmaak en navigeer na Instellings. Daar sal jy ’n Datalimiete-wisselaar sien waarmee jy ’n limiet kan stel, indien dit geaktiveer is.

Data limits setting in Outline Manager

Sodra jy ’n limiet stel, kan jy op die toegangsleutelbladsy sien hoe naby elke gebruiker aan die limiet is, waar ’n staafgrafiek die datagebruik oor die afgelope 30 dae wys.

Outline Manager's Access Key page

Bykomend tot die vermoë om ’n datalimiet vir al jou toegangsleutels te stel, kan jy ook vir elke sleutel sy eie datalimiet gee. Hierdie instelling sal enige verstekdatalimiet ter syde stel. As jy egter nie ’n verstekdatalimiet gestel het nie, kan jy nog steeds ’n datalimiet vir enige sleutel stel.

Om ’n sleutel se dataoordraglimiet te stel, moet jy Outline Manager oopmaak en navigeer na die Verbindings-oortjie waar die sleutel is wat jy wil stel. Dan moet jy klik op die kieslys aan die regterkant van die sleutel se ry. Klik van hier af op Datalimiet. Klik die Datalimiet-ikoon Hierdie prent is nie beskikbaar nie omdat jy nie die voorregte het om dit te sien nie, of dit is van die stelsel af verwyder om die datalimiet op “My toegangsleutel” te verander.

Selecting the data limit setting icon for an individual access key

Kies Stel ’n Gepasmaakte Datalimiet. Sodra jy hierdie merkblokkie gekies het, sal ’n veld verskyn waar jy die gepasmaakte datalimiet vir daardie sleutel kan stel. Klik die STOOR-knoppie wanneer jy klaar is sodat jy die datalimiet kan stoor.

Setting a data limit for an individual access key

Sodra jy jou dataoordraglimiet vir die gekose sleutel gestoor het, sal die limiet op die hoofskerm wys, langs die datagebruik (oor die afgelope 30 dae) vir elke sleutel.

Om die datalimiet van ’n toegangsleutel te verwyder, moet jy soos vantevore navigeer na die sleutel se Datalimiet-dialoog, die blokkie met die etiket “Stel ’n gepasmaakte datalimiet” ontmerk, en die STOOR-knoppie druk.

Removing the data limit on an individual access key

Gereelde vrae oor datalimiete

Wat is ’n 30-dag- slepende limiet?

’n 30-dag- slepende datalimiet sal elke sleutel se gebruik oor die afgelope 30 dae bymekaar tel en die sleutel se gebruik oor daardie tydperk onder die limiet hou. Die uitwerking is dat die sleutel nie oor die limiet kan gaan tydens enige tydperk van 30 dae nie, insluitend kalendermaande van 30 dae of minder. Dit beteken dat elke gebruiker se beskikbare data elke dag sal vermeerder met die hoeveelheid wat hulle 31 dae gelede gebruik het.

Hoekom gebruik Outline slepende limiete?

Slepende limiete bied waarborge oor elke tydperk van 30 dae, wat beteken dat dit makliker is om op te stel as ’ herhalende limiet (soos ’n pasmaakbare dag van die maand) terwyl hulle soortgelyke waarborge gee. Die limiete stem ook ooreen met die bestaande vertoning van Outline-datagebruik, sowel as met algemene nutsgoed soos ontledingsdienste en bedienerstatistiek.

Watter data word in ’n datalimiet getel?

Elke toegangsleutel se uitvloei vanaf die bediener vorm deel van die totaal. Streng gesproke verwys dit na data wat vanaf die bediener gestuur word namens die sleutel, asook terug na die kliënt. In die praktyk behoort dit in lyn te wees met die verkeer wat van die sleutel na die bediener en terug gestuur word; dus hoop ons dit sal ooreenstem met jou gebruikers se berekeninge. Ons het uitvloei gekies aangesien dit is waarvolgens die wolkdiensverskaffers wat ons ondersoek het, faktureer.

Sal gebruikers in kennis gestel word as hulle hul datalimiet oorskry?

Nie op die oomblik nie. Baie wolkdiensverskaffers sluit ’n limiet in soos 1 TB vir die volle maand, wat 10 gebruikers teen 100 GB of 100 gebruikers teen 10 GB kan steun. Dit is redelike hoë hoeveelhede en ons verwag nie dat baie gebruikers daarby sal uitkom nie. Ons hoop dat gebruikers hul bedienerbestuurders sal kontak wanneer hulle hul limiete bereik. Ons sal egter jou insig waardeer oor hoe kennisgewings vir jou gebruikgeval kan help en jy kan ons hier kontak.

Sal gebruikers in kennis gestel word as hulle hul datalimiet nader?

Die hoeveelheid nuwe data wat ’n gebruiker sal ontvang soos hulle nader aan hul limiet kom, sal van dag tot dag verander omdat dit gegrond is op hul gebruik van 30 dae gelede. Ons meen dat ’n waarskuwing eindgebruikers eerder sal verwar as wat dit hulle sal help. Ons sal jou terugvoer oor hierdie gedraghier waardeer.

Kan ek ’n gebruiker se datagebruik terugstel?

Nee, ’n gebruiker se limiet sluit altyd die afgelope 30 dae se gebruik in. Jy kan egter hul sleutel se datalimiet verhoog of vir hulle ’n nuwe sleutel skep.

Hoekom het sommige van my gebruikers toegang verloor die oomblik toe ek datalimiete geaktiveer het?

Datalimiete is gegrond op gebruikers se dataoordrag van die afgelope 30 dae, wat aangeteken word ongeag of datalimiete geaktiveer is of nie. Dit is moontlik dat die betrokke gebruikers reeds die limiet oorskry het voordat dit opgestel is. Neem ook kennis dat alle datalimiete afgedwing word, selfs wanneer ’n enkele sleutel se datalimiet verander word.

Kan ek ’n bedienerwye datalimiet stel, soos “1 TB vir 30 dae”?

Nie op die oomblik nie. Ons wil graaghier meer hoor oor jou gebruikgeval hoor.

Watter limiet word afgedwing as daar ’n verstekdatalimiet én ’n datalimiet op ’n spesifieke sleutel is?

Die spesifieke sleutel se datalimiet sal enige verstekdatalimiet wat jy gestel het (indien enige) ter syde stel.

Kan ek ’n datalimiet vir ’n spesifieke sleutel stel sonder dat ek ’n verstekdatalimiet gestel het?

Ja. Jy hoef nie ’n gedefinieerde verstekdatalimiet te hê om ’n datalimiet vir een sleutel te stel nie. Jy kan byvoorbeeld ’n limiet stel vir een sleutel wat jy dink wyd gebruik sal word om jouself te beskerm teen oormatige dataoordrag deur daardie sleutel.