Skip to main content

Hoe verander ek die ligging van die Outline-bediener?

Die ligging van ’n bediener kan nie ná opstelling verander word nie. Jy moet jou Outline-bediener uitvee en ’n nuwe een skep as jy jou bediener van ’n ander ligging af wil laat loop.

Jy kan ook dinamiese sleutels gebruik om die ligging van jou VPN te verander. Dit stel jou in staat om bedieners te roteer en dieselfde sleutels te behou. Die ligging van die bedieners self sal nie verander nie.