Skip to main content

Bestuur toegang tot ’n Outline-bediener (met toegangsleutels)

Nadat jy jou Outline-bediener klaar geïnstalleer het, kan jy begin om toegang daartoe te deel en mense se toegang te bestuur. Mense wat ’n uitnodiging van jou af ontvang, sal die Outline-app kan aflaai om Outline te gebruik om hul internetverkeer te beskerm.

Deel toegang tot jou Outline-bediener

Nadat jy jou Outline-bediener klaar geïnstalleer het, sal jy na die bediener se besonderhedebladsy op Outline Manager gestuur word, waar jy toegangsleutels kan skep. Kry meer inligting oor toegangsleutels.

  • Skep sleutels: Klik die klein “+”-ikoon onderaan die bladsy om nuwe sleutels te skep.
  • Deel sleutels: Regs van elke sleutel is daar ’n deelikoon wat jy kan klik om ’n uitnodiging te kry. Kopieer en plak hierdie uitnodiging in die boodskapdiensstelsel van jou keuse.

Kenmerkversoek: Deel tans toegang van die Outline Manager-app af

Baie bedieneradministrateurs vra vir ons om die uitnodigingproses makliker te maak deur hulle die opsie te gee om iemand se e-posadres direk by Outline Manager in te voer.

Ongelukkig is dit onwaarskynlik dat ons hierdie funksie by Outline Manager sal inbou. Een van ons kernbeginsels is om ons gebruikers se privaatheid en sekuriteit te ondersteun, wat beteken dat ons geen plek ontwerp het waar e-posadresse of kontakinligting ingevoer kan word nie.

Dit is hoekom ons vir bedieneradministrateurs vra om ’n veilige boodskapdiensplatform te gebruik, soos e-pos of veilige klets, om die uitnodiging na die eindgebruiker toe te stuur.

Nadat jy ’n toegangsleutel met die gebruiker gedeel het, sal die volgende gebeur

  1. Die gebruiker sal die installeringskakel op hul toestel klik
  2. Hulle sal gepor word om Outline-app te installeer, indien hulle dit nie nog het nie
  3. Hulle sal ’n aanvangsverbinding met jou Outline-bediener vestig deur die unieke sleutel wat in die uitnodiging ingebed is
  4. Hulle kan nou die koppel-/ontkoppel-knoppie gebruik om hul toegang tot die internet deur jou Outline-bediener te bestuur

Verwyder toegang tot jou Outline-bediener

Ja sal op die bediener se besonderhedebladsy in Outline Manager, regs van elke sleutel op die bediener, ’n kieslys sien met ’n opsie om die sleutel uit te vee. As jy ’n sleutel uitvee, sal jy hul toegang tot jou bediener verwyder.