Hoe dateer ek my Outline-bedienersagteware op?
Outline-bedieners dateer outomaties op met die jongste sekuriteitverbeteringe sodat jy altyd die jongste Outline-tegnologie gebruik. Die outomatiese opdateringproses word moontlik gemaak deur Watchtower, ’n oopbronbiblioteek wat gereeld kyk vir opdaterings en die dokbeeld wat die Outline-sagteware bevat, opdateer.
Bykomend daartoe sal ons, wanneer jy Outline met Outline Manager installeer, ’n “cron”-taak opstel om die sagteware op die bediener outomaties op te gradeer met gebruik van Onbediende Opgraderings (Ubuntu) en dit te herselflaai indien nodig. Neem kennis dat dit nie in Gevorderde Modus gebeur nie om die bestaande opstelling te bewaar ingevolge die aanname dat die gasheer gebruik word vir ander doeleindes buiten om Outline te laat loop.