Hoeveel kos dit om Outline te gebruik?
Die Outline-sagteware is kosteloos vir almal, hetsy jy ’n bedieneradmin is wat die VPN bestuur, óf iemand is wat Outline gebruik om toegang tot die oop internet te kry.
Outline benodig wel toegang tot ’n wolkbediener om te kan werk. Bedieneradministrateurs wat reeds toegang tot ’n bediener het, kan Outline daarop installeer teen geen bykomende koste nie. Dié sonder toegang tot ’n bediener kan toegang vanaf ’n wolkdiensverskaffer soos DigitalOcean of Amazon Web Services kry vir ongeveer $5 USD per maand vir ’n dataoordragtoelae van 1 teragreep — dis genoeg om honderde gebruikers op ’n enkele bediener te ondersteun.
Hier is ’n voorbeeld van hoe jy die somme kan doen om uit te werk hoeveel dit sal kos om Outline met jou keuse van wolkverskaffer te gebruik:
| Indien ’n mens aanneem dat ’n gemiddelde maandelikse verbruik van 5 gigagrepe van dataoordrag per gebruiker bestaan, sal ’n plan van $5 USD per maand voorsiening maak vir ongeveer 200 gelyktydige gebruikers – dit beteken die koste per gebruiker is slegs 2,5 sent per maand. Let daarop dat die dataoordrag wat per maand per gebruiker gebruik word grootliks sal verskil op grond van of die gebruikers lae of hoë bandwydte-aktiwiteit uitvoer. Die meeste wolkverskaffers sal egter vir verhogings in verkeer voorsiening maak. |
|---|
Om Outline te gebruik, is heeltemal anoniem vir Jigsaw en Google. Ons spoor nie jou identiteit of verkeer na nie en daar is nie ’n monetiseringplan nie. Ons werk eerder saam met ons oopbrongemeenskap om te verseker dat ons die sagteware kosteloos aan ons gebruikers kan verskaf. Kry hier meer inligting oor die data wat ons insamel.