Skip to main content

Koppel jou toestel aan ’n Outline-bediener

Om jou toestel aan ’n Outline-bediener te kan koppel, moet ’n bedieneradministrateur vir jou ’n uitnodiging stuur met ’n unieke toegangsleutel om aan hulle bediener te koppel. Hierdie uitnodiging sal:

  • Jou por om Outline op jou toestel af te laai en te installeer indien jy dit nie reeds het nie
  • Die toegangsleutel gebruik om ’n veilige verbinding tussen jou en die Outline-bediener te maak

Sodra jy jou verbinding met die bediener gevestig het, kan jy op “koppel” of “ontkoppel” klik om Outline te gebruik.

Belangrik

Outline werk nie sonder ’n toegangsleutel en ’n Outline-bediener nie. Die aflaai en installering van die Outline-app sonder ’n sleutel sal nie jou internetverkeer beskerm nie.